Eintlik haat ou Max bloot maar net vir homself, en vir wie hy is.

"Bevoorregte wittes wat maak of hulle slagoffers is", aldus Max du Preez

In 'n News24? rubriek wy Max du Preez? eers uit oor sy Afrikaner? herkoms, kompleet met Voortrekkers? en konsentrasiekampe?. Maar dan maak hy onder andere, die volgende stellings oor die Swart Maandag? protes teen plaasmoorde:

  • Ek kan my kerninstinkte oorkom met feitgebasseerde rede
  • My vrese was bewaarheid met swart Maandag met die gekkerandfigure en hul apartheidsvlae en apartheidsvolkslied
  • Dit was meer oor identiteitspolitiek en wit brooshede as oor die veiligheid van plaasbewoners.
  • Die boodskap onvang (vanaf die organiseerders van Swart Maandag) was van:
    • bevoorregde wittes wat slagoffer wou speel
    • mense wat hule eie lewens as van meerwaardige waarde beskou
    • van arrogansie
    • van ongevoeligheid
    • van selfobsessie

Dan maak Max die stelling, "Feite is werklik belangrik hier. Elke stukkie getuienis van alle kante sÍ dat daar geen bewyse is van 'n boere volksmoord nie, Feitelik is dit slegs misdaad en daar is slegs 'n handjievol gevalle oor die jare waar 'n vorm van 'n politieke motief vermoed word."

Skrikwekkende resultaat van bing.com/images soekterm vir 'South Africa farm attacks'

Nee Max, van jou het ek niks mider as dit verwag nie, eintlik het die Afrikaner, vir wie jy so verag, dalk selfs nog ligtelik hiervan afgekom. Enigeen wat die moed het kan na Microsoft se soekenjin gaan ( http://bing.com ) en onder hul beelde (images) soek vir die volgende soekfrase: "South Africa farm attacks". As dit is hoe die gevolge van blote gewone misdaad lyk, dan moet iemand tog vir my wys waar kan gesoek word na 'n reuse hoeveelheid grafiese beelde soos die wat elders ook maar bloot net die gevolge van gewone misdaad is. Nee, dit bestaan nie, uitgesonder plaasaanvalle want wat ons hier sien is niks anders as 'n volksmoord? in wording nie. Dit lyk soos 'n volksmoord, dit word toegepas soos 'n volksmoord, dit word deur swart politici (insluitend die staatspresident met sy liedjies) van politieke verhoŽ af uitgebasuin, dus is dit werklik 'n volksmoord.

Wat die apartheidsvlae en liedere betref, dit was volgens die beste van my wete, nie teenwoordig by die Swart Maandag protes nie. Waar dit wel verskyn het, was in die fopnuus twiets van Max se mediakollegas (soos ENCA? se Nicholas Bauer?) wat ou beelde wat verskeie jare of selfs dekades oud is, gebruik het as fopnuus om die Swart Maandag protes, wel, swart te smeer.

Nee Max, dit is nie my skuld dat jy die vervaardigers van fopnuus? in die media se liegfabriek volg en glo en self ywerig daaraan meedoen nie. Dit is nie my skuld dat jy die Afrikaner? haat nie. Dit is ook nie my skuld dat jy aansien by die swart gemeenskap en intelektuele verloor en nou vir jou probeer verontskuldig van die beskuldiging van rassisme deur diegene wat protesteer teen die uitmoor van plaasboere as agterlik en rassisties te kasty. Max, dit gaan nie help nie, daar is 'n nuwe gees in jou geliefde bevrydingsbeweging, die ANC, en daardie gees is "No whites at all". Nie eers Carl Niehaus? en veral nie Derek Hanekom? nie, is werklik in die minste welkom in die ANC se binnekringe nie.

Max het presies opgetree soos ons sou verwag dat Max sou optree. Miskien is dit nie ons wat die onsekerhede en 'n minderwaardigheidskompleks het nie, maar inderdaad Max wat homself nou tussen twee vure vind waar sy swart bevrydingsgeesgenote hom nou verag as 'n "verbitterde ou wit Afrikanerman" en hy self die wit Afrikaner selfs nog meer verag. Want eintlik haat Max maar net vir homself en vir wie hy is.

Bronne: