Kom feministe, doen die regte ding, steun julle suster

Feministe het vir hul suster gefaal, wat self ook maar net President wou wees

Gedurende die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing het feministe vanoor die węreld die "I'm With Her" banier vertoon en verklaar dat hul kandidaat Hillary Clinton? dieselfde geslagsorgaan as hulle het en gevolglik steun hulle heelhartig vir Clinton. Vreemd genoeg, in die protesoptogte teen Trump het 'n swetterjoel histeriese feministe sulke pienk hoedjies in die vorm van daardie orgaan gedra, maar nou dwaal ek van die onderwerp af...

Maar feministe het hul suster wat ook maar net President wou wees in die afgelope ANC partykongres van 2017 darem gruwelik afgeskeep. Waar was hulle baniere van "I'm With Her" in 2017 toe hul suster hul steun die nodigste gehad het? Waar is hulle pienk hoedjies van die vroulike orgaan dan in hul opmars van woede teen die sakeman Ramaphosa wat hul suster so brutaal verslaan en verneder het? Verstaan die plaaslike feministe dan nie dat hulle almal deur hul gemeenskaplike orgaan verbind word in hul verbete stryd teen die onderdrukking van die patriargie nie? Waar was hulle dan toe hul steun die nodigste was? En is dit nie merkwaardig nie, dat ten spyte van hul militante agenda, was hul vooroordeel toe soveel groter as onvoorwaardelike ideologiese steun aan die susterskap?