'n Skinderstorie vanuit 'n klein dorpie

'n Skinderstorie vanuit 'n klein dorpie

Vir hierdie storie het ek absoluut geen bevestiging nie, maar dit is deur baie ingeligte en betroubare persone aan my vertel. Mev S betaal al vir dekades die salarisse van die munisipale amptenare in Kroonstad. Maar enkele maande gelede is sy oorlede, en het 'n ander persoon oorgeneem. (Wat die ras van daardie persoon mag wees, is bloot bespiegeling, maar na die lees hiervan kan jy gerus jou eie gevolgtrekkinge maak.) Die munisipale salarisse is betyds betaal en alles het goed en wel verloop, behalwe dat daar geen aftrekkings teenoor die salarisse gemaak is nie. Nou sal dubbelaftrekkings gedurende Desember van die munisipale werkers se salarisse gemaak moet word, met die gevolglike ellende wat dit juis oor die feestyd sal meebring. Maar hier kom die eintlike storie - die pensioenfonds se betaling moes inderhaas uit die munisipaliteit se beskikbare fondse gemaak word, en nou is die dorp se geldkoffers dolleeg en die normale munisipale operasies kan nie voortgaan nie.

Die een uitsondering is ons burgemeester wat daagliks in haar eie mini-blouligkonfooi met haar peperduur Mercedes (wat selfs vir PienkeMax du Preez onstel het) deur ons dorp se strate jaag, kompleet met spietkops voor en agter, met flitsende blouligte en loeiende sirenes. Seker sodat ons almal eerstens kan sien dat die eerbare (nie regtig nie!) Me Mokgosi so vinnig moontlik wil uitkom waar dienste die nodigste gelewer moet word. Viva! Viva, ANC! Viva!