Grusame Moord in Pretoria

Grusame moord in Pretoria

Maroelamedia berig van nog 'n grusame moord in Pretoria.

Diana Rose Ayres is op die grusaamste wyse moontlik vermoor. Haar liggaam is op die snelweg by die Lynettestraat brug gevind. Haar gesig is weg, haar liggaam is vol messteke en haar bene is by die enkels afgekap. Haar liggaam is op die snelweg uit 'n motorkar gegooi waar een of meer motorkarre oor haar liggaam gery het. Sy was laas gesien toe 'n vriendin haar by haar meenthuis afgelaai het. Sy was verskeie dae as vermis aangemeld voordat die polisie die vermiste vrou met die liggaam in die staatslykshuis verbind het. Haar Ma moes die lyk gaan identifiseer, en het later op Facebook gesÍ, sy hoop diegene wat dit gedoen het brand in die hel.

Hier is afgryse, op afgryse op afgryse. Wie wil in so 'n samelewing leef? Net 'n week voor dit is 'n man in sy vyftigs as vermis aangemeld nadat hy op sy fiets gaan ry het. Sy liggaam is gevind in 'n stuk oop veld in Lyttelton, hy is geskiet deur die rowers van sy bergfiets. Ek vra weer, wie wil in so 'n land leef?

Mens wil vra, "Hoeveel bloed moet nog vloei?" maar in hierdie land wat op 'n reuse ramp afstuur het die bloed dalk skaars nog begin vloei, want hier kom groot probleme vorentoe. Eens het ek neergekyk op mense wat die land verlaat, maar nou moedig ek hulle aan en wens vir hulle 'n beter toekoms toe as die afgryse wat in Suid-Afrika op hulle sou gewag het.