SA Leerders Heel Swakste Leesvermoe

SA leerders se heel swakste leesvermoŽ

Maroelamedia berig dat SA leerders se leesvermoŽ die swakste gereken word uit 50 lande

Hierdie verbaas my nie regtig nie. My eerste reaksie sou wees om te vra wat is die rasse samestelling van daardie resultate, maar ons weet almal al wat daardie antwoord is. Nie dat dit hoegenaamd saak maak nie, want die wit kinders hier in my armlastigsukkelende Vrystaatse dorpie lees net so min as enige ander kinders. Hier is 'n ander aspek, en dit is moedertaalonderrig. Na my mening illustreer hierdie syfers presies die waansin van om grondliggende onderrig in 'n ander taal as jou huistaal toe te pas. Hoe verwag die ideologiese gekke wat ons land se onderwysinstellings bedryf dat skoolkinders wat slegs in hul vierde jaar op die skoolbanke sit, Engels met insig moet kan lees? Ek was al matriek en my eerste indruk van Shakespeare se Hamlet was dat dit geskryf was in 'n totaal vreeme taal wat ek nog nooit in my lewe teegekom het nie.

Wat dit wel sÍ is om te bevestig wat ek reeds weet, hierdie land se toekoms is in sy kanon in. Hierdie is maar nog net een van die baie aspekte van 'n onrusbarende toekoms wat vir ons voorlÍ. Mense wat nie wyd en breed lees nie, het nie insig nie, en ook nie die grondige ervaring vir wysheid nie. Kennis sonder insig is 'n uiters gevaarlike konsep, want "kenners" wat nie weet wat hulle nie weet nie, is mense van wie ek liewers baie ver af wil wegbly. Daardie "kenners sonder insig" is juis die apparatchik van die sosialistiese en totalitere regimes wat die uitwissing van honderde miljoene mense veroorsaak het.