Saam met Nkosazana Dlamini-Zuma val Carl Niehaus self toe ook van die bus af

Niehaus se fout was om vir Nkosazana Dlamini Zuma te steun...

Die enigste ding waaroor ek regtig verheug is by die ANC se afgelope partykongres by Nasrec, is dat Carl Niehaus? homself so nou verbind het met Nkosazana Dlamini Zuma? se kandidaatskap, dat hy saam met haar val self weereens sy eie agterstewe in elke kleur van die reȅnboog binne die ANC gesien het. (Voeg 'n demoniese Zuma he-he-he-he laggie hier in.)

Carl Niehaus se steunbasis is die dogmatiese Staliniste wat in veral die vroueliga en die oorlogsveterane aangetref word. Selfs die kamerade in die SAKP (met 'n voorliefde vir net die heel beste luukshede wat 'n lewe van oorvloed kan bied), vind Niehaus heeltemal te dogmaties marxisties na hulle huidige smaak, en het hom ook nog nie vergewe vir al die skade wat hy laaskeer aan die ANC gedoen het nie. In die ANC jeugliga bederf Niehaus al die groepsfotos in dat hy of oorbelig is, of dat die res van die revolusionÍre kaders andersins onderbelig is. Dit is ook nie verbasend dat die uitspattige "black-like-me" swart nasionaliste in die Premiersliga nog nooit vir die Niehaus huisgesin op hul kerskaartjielys geplaas het nie. Zuma self nooi nie vir Niehaus vir stampmielies by sy kampvuur nie en dit kom van die dae af wat Zuma hoof van die ANC se teenintelligensie was en die verskil kon herken tussen 'n bruikbare idioot en verkwisbare kanonvoer waaraan die ANC nog nooit enige tekorte gehad het. Rotsvaste vertroue is nie die regte term waarmee die verhouding tussen Jacob en Carl beskryf kan word nie. Daarby deel Niehaus ook nie regtig Ramaphosa se passie vir hengel met forelvlieŽ of peperduur stoetbuffels wat wei op luukse wildsplase nie.

En dan is die kaders self nie van die vooroordeel vanwee stamverband gevrywaar nie. Dit is een ding om 'n aanvallige wit blonde vrou te hÍ as trofee aan jou sy wat vir almal in die swart gemeenskap wys hoe groot jou status en jou sukses is. Maar dit is heeltemal 'n ander ding as 'n witman 'n swart vrou neem, daar is 'n boel negatiewe konnotasies aan verbonde, en nog te meer in die swart gemeenskap. In die oorwegende wÍreldbeskouing van die swart gemeenskap neem 'n swartman nie 'n wit vrou omdat hy wil wit wees nie, maar as 'n swart vrou 'n wit man neem, word dit as net die teenoorgestelde toestand beskou en nie almal het vrede daarmee nie.

Alhoewel Niehaus sekerlik vanaf sy vroeȅ dae op universiteit al lid van die ANC en die SA Kommuniste party was, het hy eers 'n paar jaar later deel van MK se operasies geword. Hy en 'n ander wit student het gepoog om die Johannesburgse gasfabriek in Cottesloe op te blaas. Hulle het sover gekom as om 'n gat in die heining te maak en daardeur te klim toe hulle gearresteer was. In die hof was Niehaus se verbasing groot toe hy uitvind dat sy makker toe altyd 'n spioen vir die polisie was.

Maar wat net enkele mense weet, is hoekom die veiligheidspolisie spesifiek vir Niehaus geteiken het. En dit het te make met 'n ander gegradueerde van die RAU, (wat oornag landuit gevlug het Nederland toe), wat sy staatsdiensbeurs by die poskantoor in Johannesburg afgewerk het. Dit was in die dae voor Telkom bestaan het, toe jy nog jou telefoon by die poskantoor bestel het, en dit ses maande of selfs 'n jaar geneem het voordat jou telefoon geȉnstalleer is. Dit was algemeen dat die veiligheidspolisie prioriteitsaansoeke by die poskantoor ingedien het vir telefone vir hul informante. Die RAU student het toevallig op so 'n aansoek afgekom en die inligting aan Carl Niehaus deurgegee, wat dit op sy beurt aan die ANC oorhandig het. Die gevolg was dat 'n jong swart vrou in Soweto brutaal met die halsnoermetode om die lewe gebring is. Carl Niehaus was daarna 'n gemerkte man onder die lede van die veiligheidsmagte en dit was net 'n kwessie van tyd vir Niehaus. Hy is daarna spesifiek in 'n skynoperasie geoormerk waaraan hy toe met ywer deelgeneem het.

En dit was toe die begin en die skielike einde van Niehaus se roemryke militȇre loopbaan as een van die braafste van die brawe vegters onder die legendariese MK kaders. Hy het 'n gat in die draad van die gasfabriek geknip, met 'n sak met kleefmyne in deur die gat geklim en binne 'n oogwink het die soekligte op hom geskyn en is hy vir die beste deel van 'n dekade in die tjoekie weggebÍre. Vir die ANC leierskap het aanhouding 'n paar groot voordele ingehou: In die beskerming van aanhouding kon hulle hulself nie verder verongeluk nie en het in teenstelling met die ander kamerade die "struggle" springlewend en gesond oorleef, die kenmerkende vetrolletjies was 'n newe effek van 'n lewe van oorvloed na bevryding; hulle het ook heeldag tyd gehad om met hul mede revolusionÍre kaders te gesels en so 'n hegte band van broederskap te smee wat vandag steeds 'n dominante faktor in die ANC is; daarby het hulle ook die tyd en middele, en ondersteuning gehad om deur Unisa hul grade te bekom. Eintlik het Apartheid vir hulle een moerse groot guns bewys, mits jy so daaroor dink. Ironies dat die Apartheidsregering effektief self in die tronkselle 'n bekwame leierskapskorps opgelei het om te dien in 'n opvolgregering, iets wat ongekend was in die res van Afrika. 'n Feit, maar dit is sekerlik net my eie minderheidsopinie, geen ANC lid gaan dit so insien nie.

Gelukkig vir Niehaus, het hy in die strik wat vir hom gestel is geval en het hy nie die meer ernstige tipe teȅspoed teŽgekom nie, want diegene wat vir hom persoonlik die duiwel in was, was onder die mees gedugte groepe in die veiligheidsmagte. Die inligtingsoperasie wat deur Niehaus in die wiele gery is was oŽnskynlik baie hoog geag en het sekerlik 'n beduidende leemte gelaat. En die dood van 'n mede polisiebeampte is nie iets wat mede magslede net sou wegbÍre nie. Ek dink die geluksgode was aan Niehaus se kant, al besef hy dit nie self nie. En voor ek self in Carl se ou sel in Pretoria Sentraal wil gaan sit, beter ek nou my bek hou want elke ding het 'n tyd en 'n plek en hierdie uurglas het verskeie paragrawe gelede uitgeloop.