Daaglikse insetsels 3 - 9 Desember 20917

Insetsels vanaf 3 tot 9 Desember 2017

Grusame moord in Pretoria

Maroelamedia berig van nog 'n grusame moord in Pretoria.

Diana Rose Ayres is op die grusaamste wyse moontlik vermoor. Haar liggaam is op die snelweg by die Lynettestraat brug gevind. Haar gesig is weg, haar liggaam is vol messteke en haar bene is by die enkels afgekap. Haar liggaam is op die snelweg uit 'n motorkar gegooi waar een of meer motorkarre oor haar liggaam gery het. Sy was laas gesien toe 'n vriendin haar by haar meenthuis afgelaai het. Sy was verskeie dae as vermis aangemeld voordat die polisie die vermiste vrou met die liggaam in die staatslykshuis verbind het. Haar Ma moes die lyk gaan identifiseer, en het later op Facebook gesÍ, sy hoop diegene wat dit gedoen het brand in die hel.

Hier is afgryse, op afgryse op afgryse. Wie wil in so 'n samelewing leef? Net 'n week voor dit is 'n man in sy vyftigs as vermis aangemeld nadat hy op sy fiets gaan ry het. Sy liggaam is gevind in 'n stuk oop veld in Lyttelton, hy is geskiet deur die rowers van sy bergfiets. Ek vra weer, wie wil in so 'n land leef?


Wanneer jy nie meer 'n toekoms in SA kan sien nie

Aanvalle op en moord van witmense het 'n epidemie geword. Ons land stuur op 'n ramp af, en die skrikwekkendste is dat die bloed dalk skaars nog begin vloei het. Eens het ek neergekyk op mense wat die land verlaat, maar nou moedig ek hulle aan om die kans vir 'n beter toekoms aan te gryp instede van die afgryslike toekoms wat op hulle in Suid-Afrika wag.


Aanval op kleinhoewe

12:19 Intussen is daar nog 'n aanval op 'n kleinhoewe Noord van Pretoria waar 'n Pa en sy dogter die honde hoor blaf het, na buite gegaan waar die Pa met 'n ysterpyp geslaan is en die dogter ook aangerand is deur "drie verdagtes". Nog 'n voorbeeld van aspirant moordenaars wat nou "verdagtes met regte" geword het.


As booswigte verander in verdagtes met regte

In die ou dae is die ras van aanvallers vermeld soos byvoorbeeld, "drie swart mans". Maar dit diskrimineer teen swart mans en as jy dus in die media lees of hoor van "drie verdagtes", wees verseker daar word "drie swart mans" bedoel. Politieke korrektheid sal nog ons eie ondergang wees, hier word op 'n subtiele wyse 'n deel van die blaam op die leser geplaas, swart mans wat geweldadig aanval, beseer, moor en verkrag het nou blote "verdagtes" geword, want die verdagtes het regte wat hoŽr gereken word as die regte van hul slagoffers. En as die woorde "swart mans" gebruik word, dan beteken dit dat daar onregverdig afbreuk gemaak word aan die regte van hierdie "verdagtes" en die "verdagtes" is dan nou die slagoffers van kru rassisme. Dus is die leser van die mediaberig die party wat die grootste onreg pleeg en die kwaaddoener is nou die slagoffer wat almal se simpatie verdien. Watse belaglikheid is dit? As ek skryf van 'n swart rower, 'n wit moordenaar, 'n IndiŽr bedriŽr, 'n bruin skaapsteler dan word 'n feitelike beskrywing weergegee. Maar nee, ons is in 'n toestand waar ons vir onsself daagliks kruisig met politieke korrektheid want ons taal het 'n gif van emosies geword wat ons intellek infekteer en verlam; polities korrekte taal is 'n werkswyse om die samelewing op die spoor van 'n linkse progressiewe toekoms te plaas. Ek weier om hieraan mee te doen.


Omkeer van Grondgrype in ZImbabwe?

Ten minste is daar nou een Zimbabwiese boer wat (dalk) sy plaas gaan terugkry, volgens die berig in Maroelamedia. Ek sÍ "dalk", want ek wil nog sien dat dit wel gebeur. In die verlede is een plaas met die linkerhand teruggegee en nog vier ander plase met die ander hand weggevat - dis Afrika!


SA leerders se heel swakste leesvermoŽ

Maroelamedia berig dat SA leerders se leesvermoŽ die swakste gereken word uit 50 lande

Hierdie verbaas my nie regtig nie. My eerste reaksie sou wees om te vra wat is die rasse samestelling van daardie resultate, maar ons weet almal al wat daardie antwoord is. Nie dat dit hoegenaamd saak maak nie, want die wit kinders hier in my armlastigsukkelende Vrystaatse dorpie lees net so min as enige ander kinders. Hier is 'n ander aspek, en dit is moedertaalonderrig. Na my mening illustreer hierdie syfers presies die waansin van om grondliggende onderrig in 'n ander taal as jou huistaal toe te pas. Hoe verwag die ideologiese gekke wat ons land se onderwysinstellings bedryf dat skoolkinders wat slegs in hul vierde jaar op die skoolbanke sit, Engels met insig moet kan lees? Ek was al matriek en my eerste indruk van Shakespeare se Hamlet was dat dit geskryf was in 'n totaal vreeme taal wat ek nog nooit in my lewe teegekom het nie.

Wat dit wel sÍ is om te bevestig wat ek reeds weet, hierdie land se toekoms is in sy kanon in. Hierdie is maar nog net een van die baie aspekte van 'n onrusbarende toekoms wat vir ons voorlÍ. Mense wat nie wyd en breed lees nie, het nie insig nie, en ook nie die grondige ervaring vir wysheid nie. Kennis sonder insig is 'n uiters gevaarlike konsep, want "kenners" wat nie weet wat hulle nie weet nie, is mense van wie ek liewers baie ver af wil wegbly. Daardie "kenners sonder insig" is juis die apparatchik van die sosialistiese en totalitere regimes wat die uitwissing van honderde miljoene mense veroorsaak het.


'n Skinderstorie vanuit 'n klein dorpie

Vir hierdie storie het ek absoluut geen bevestiging nie, maar dit is deur baie ingeligte en betroubare persone aan my vertel. Mev S betaal al vir dekades die salarisse van die munisipale amptenare in Kroonstad. Maar enkele maande gelede is sy oorlede, en het 'n ander persoon oorgeneem. (Wat die ras van daardie persoon mag wees, is bloot bespiegeling, maar na die lees hiervan kan jy gerus jou eie gevolgtrekkinge maak.) Die munisipale salarisse is betyds betaal en alles het goed en wel verloop, behalwe dat daar geen aftrekkings teenoor die salarisse gemaak is nie. Nou sal dubbelaftrekkings gedurende Desember van die munisipale werkers se salarisse gemaak moet word, met die gevolglike ellende wat dit juis oor die feestyd sal meebring. Maar hier kom die eintlike storie - die pensioenfonds se betaling moes inderhaas uit die munisipaliteit se beskikbare fondse gemaak word, en nou is die dorp se geldkoffers dolleeg en die normale munisipale operasies kan nie voortgaan nie.

Die een uitsondering is ons burgemeester wat daagliks in haar eie mini-blouligkonfooi met haar peperduur Mercedes (wat selfs vir PienkeMax du Preez onstel het) deur ons dorp se strate jaag, kompleet met spietkops voor en agter, met flitsende blouligte en loeiende sirenes. Seker sodat ons almal eerstens kan sien dat die eerbare (nie regtig nie!) Me Mokgosi so vinnig moontlik wil uitkom waar dienste die nodigste gelewer moet word. Viva! Viva, ANC! Viva!


Jaarlikse Donkie-D toekennings

Dit is die tyd wat almal jaarlikse toekennings maak, Man van die Jaar, nuusmaker van die jaar en so aan. In daardie gees maak ek die Donkiedrol Toekennings want vir wie moet ons bedank vir al hierdie ellendes wat ons tans meemaak? Kom ons doen die regte ding en gee aan hulle die eer en die toekenning wat hulle verdien vir al die ellendes wat hulle veroorsaak het.

My kortlys vir 2017

  • F.W. de Klerk (permanente eersteplek)
  • Jacob Zuma (Erger as F.W de Klerk, maar sonder de Klerk was daar geen Zuma nie, so de Klerk wen steeds.
  • AdderJan et al van Naspes (Media24) Hierdie mense wil Liminaliteit? op die Afrikaner forseer sodat die Afrikanervolk sy Calvinistiese, Christelik nasionaal en rassistiese verlede kan afwerp. Wat daarna moet volg, weet net hulle, seker Karl Marx se nuwe Marxistiese mens?
  • Die Afrikanerbond/Broederhond - Hardloop kop aan kop met Naspes se konkelaars, eintlik is die een die spreekbuis van die ander.
  • Afrikaners wat vir 'n spesifieke liberale party steun omdat daardie party kwansuis vir SA sal red. So reken meneer en mevrou Jan Burger dat omdat hulle eenmaal in vier jaar 'n kruisie getrek het, hulle hul plig gedoen het. Wat hulle in der ware gedoen het, is om te stem teen die Christelike geloof wat bokant die staat en samelewing geplaas moet word, gestem vir aborsie en vir LBGTQ+ regte en vir swart bevoordeling met onbillike arbeidspraktyke gemik teen witmense.