Gekhede: Trump

Trump

(Insetsel vanuit die Woordeboek van Linkse Gekhede)

  • Die woord Trump is in die gebruikstaal vanaf a persoonlike naamwoord verskuif na 'n byvoeglike naamwoord met 'n enorme negatiewe emosionele belading.
  • Die negatiewe belading van die woord Trump is so uniform negatief dat dit soos 'n pool op 'n battery is wat nooit van sy natuurlike staat kan verander nie, nie eers deur die wette van die gode, die wetenskap, die heelal of die mensdom self nie.
  • Alhoewel Obama deur die regse gemeenskap in die VSA aanhoudend gekasty is, het die woord Obama nooit die verskuiwing beleef wat die woord Trump beleef het nie. Nie eens die woord Clinton se betekenis is so verskuif nie. Die linkses besit duidelik 'n magiese krag om woorde om te kan swaai en die betekenis węreldwyd binne in 'n oomblik te verander en met 'n vrag emosie te belaai na gelang van hul behoeftes. Ons gebruikstaal is deur die linkses beset, daarom is dit vir hulle so belangrik om die werke van dooie wit mans soos Shakespeare uit die akademiese veld te onttrek sodat die emosionele belading wat die taalgebruik van Shakespeare bevat nie verder deel sal uitmaak van die toekomstige fondasie van die samelewing nie.
  • Alles wat Trump hoegenaamd doen is negatief, en kan net negatief wees.
  • Enige persoon wat Trump in die minste goedpraat is onmiddelik ontbloot as 'n Nazi, en almal weet wat met Nazis moet gebeur.
  • Wat negatief is van Trump moet tot in 'n oneindige graad nog slegter afgemaak word deur klankversterkende effek van die getjank van die hof vaa hiȅnas op sosiale media.
  • 'n Puik voorbeeld is die skoene wat Mev Trump gedra het tydens 'n besoek aan vloedgeteisterde Texas. Omdat dit ongepaste skoene vir 'n ramp was, het dit die gevoelens (lees negatiewe emosie hierso) van die vloedslaggoffers seergemaak (dit het nie werklik in die minste enigiets aan die hulle gedoen nie) en dit daarna deur 'n mediasirkus verhef is tot die status van 'n nasionale ramp erger as die ramp van die vloede self. Gevolglik het al die ander persone wat nie vloedgeteisterde slagoffers was nie, wel eerstehands die negatiewe emosie van 'n ongevoellige Mev Trump ervaar en is hulle kollektief emosioneel verpletter deur Mev Trump se skoene. En so vermag die linkses dit dat ons nou almal die weerlose slagoffers van die ongevoelige Mev Trump mag wees.
    • Let ook daarop hoe dit altyd die weerlose slagoffers is wie se gevoelens seergemaak word. Hierdie botteltjie woordgif wat die progressiewe taaltoordokters gebruik om politiekkorrekte terme vas te sweis in die struktuur van ons intellek is besonder kragtig.
  • Gevolglik is die woord Trump dus ook 'n werkwoord want dit veroorsaak spontaan 'n stortvloed negatiewe emose en/of woede by mense.
  • Deurdat die term Trump so onhoudbaar negatief geword het dat die węreldbevolking letterlik daaronder ly, word daar die hoop van verlossing en uitkoms aangebied deur die beoogde ontheffing van Trump as president van die VSA. En dit is die linkses se doel, stook die vure van negatiewe emosie aan totdat daar 'n spontane ontploffing sal kom waarna die linkse agenda in werking kan tree. Hou in gedagte dat die werklikheid op grondvlak heeltemal anders is, Trump het steeds beduidende steun en goedkeuring, maar die linkse agenda is altyd om feite uit te skakel en onbenullig te maak deur die gebruik van emosie.