Bitterbek

Bitterbek is die frustrasie van 'n middeljarige Afrikanerman wat reuse probleme het met hierdie sogenaamde renboog demokrasie van die nuwe Suid Afrika. Tweemaal verban op Twitter Drie keer verban op Twitter vir rassisme en vir die vierde keer weereens verban op Twitter, bloot omdat ek al drie maal voorheen verban was, asook eenmaal op Facebook vir die gebruik van daardie vreeslike Kilo Foxtrot Romeo woord, maar hulle sal my verdomp nie stilmaak nie.

Van stilmaak gepraat, bitterbek.co.za verskyn hoegenaamd nie in soekenjins se indekse nie, want Bitterbek is op 'n lys van afstootlike webblaaie geplaas wat kwansuis haatspraak en wit bevoorregting bevorder. Oordeel self of hierdie insetsels vir jou afstootlik is. Asseblief, ek maak nou 100% staat op diegene wat Bitterbek met hul vriendekring sal deel. Maar al kom niemand ooit hier uit nie, ek sal nie stilbly nie.


Winnie Mandela Sterf

Volk in rou gedompel

Winnie Mandela sterf, die volk in rou gedompel.

Hier word Afrikaans gepraat

Hier word uitsluitlik Afrikaans gepraat. En hier word Die Stem gesing. En hier is ek trots op my Afrikanerskap, trots op my Afrikanervolk en stel my Afrikaner nasionalisme teenoor die Afrikaner se geskiedkundige Boere republieke heel eerste. En as jy nie daarvan hou nie, vlieg in jou kanon in.


Projek in wording

Hierdie bladsye is 'n projek in wording, gevolglik word daar konstant veranderinge gemaak in terme van uitleg, struktuur asook inhoud. Ek vra om verskoning vir die ongerief wat dit mag veroorsaak. Die redes vir hierdie onkonvensionele vorm van publikasie is: Dit is beter om te doen as om daaroor te dink; Wat nie neergeskryf is nie, bestaan nie; Doen dit nou eerder as later; Kennis in julle hande is kragtiger as iewers versteek in my kop; Perfeksie is vreeslik vervelig. Ek het uiteindelik oorgeskakel waar ek Vim gebruik het vir redigering na FocusWriter wat die Afrikaanse spelfoute uitwys.


Beheptheid met rassisme

Die beheptheid oor rassisme is sommer bog, ek sal my nie nie steur daaraan nie. Daar bestaan geen ding soos nie-rassisme nie, almal is rassisties, die enigste verskil is jy kry eerlike rassiste en oneerlike liberaliste. Die teenvoeter teen rassisme is nie 'n toestand van nie-rassisme nie, maar respek. As almal mekaar met die respek behandel wat hulle self graag wil ontvang, dan sal hierdie krisis oor rassisme ontlont word, want ons sit op 'n bom waarvan die lont nou besig is om kort te brand. Daar word algehele kruipende oorgawe en publieke vernedering van witmense vereis, onder die dekmantel dat dit kamtig die smeulende rassismebom sal ontlont.


Geloftedag 2017

Sarel Cilliers standbeeld voor die Moederkerk in Kroonstad.

Die sestiende Desember is net om die draai. Vir my is 16 Desember net so min versoeningsdag, as wat dit ooit Dingaansdag (die ou benaming) was. Dit is die herdenking van die gelofte wat afgel is deur die kern van die Afrikanervolk in die aansig van uitwissing deur 'n enorme oormag van inheemse Afrikane. Die volk het hulself tot God beroep en vir beskerming gevra. En is dit nie presies wat ons vandag weer beleef nie? Daarom, meer as ooit in ons lewens, is dit noodsaaklik om nou Geloftedag te herdenk en te eer. Maroelamedia het hierdie lys van vieringe gepubliseer, maar ek is seker daar is nog baie ander vieringe naby aan jou.


My familieband met Bloedrivier

Die beeld boaan hierdie bladsye, is uit die marmerpanele op die binnemure van die Voortrekkermonument. 'n Direkte voorvader, veldkornet Casper Jeremias Labuschagne en sy drie broers was in die laer van Bloedrivier asook 'n Cronj voorvader. Vandag herhaal die geskiedenis, en ons moet weer bereid wees om die voortbestaan van ons Christelike volk teen die aanslag teen die barbarisme van Afrika te verseker. Sonder dat ons weet wie ons voorvaders was en watse stryd hulle gehad het om onafhanklike Boererepublieke te stig, sal ons nie staande kan bly teen die venynige haat wat daar tans in ons land teenoor die wit Afrikanervolk voorkom nie.


Hierdie Dag in die Geskiedenis

  • Monday, 16 July 2018

Maart 2018

Vrydag, 23 Maart, 2018

Kom Ons Bou Aan Oplossings - Flip Buys

In hierdie see van wanhoop kom daar 'n man met 'n visie - Flip Buys met sy artikel "Kom Ons Bou Aan Oplossings" vandag op Maroela Media.

In die artikel noem hy van die rassespanning en die noodsaaklikheid van goeie rassebetrekkinge. Dit is 'n pragtige ideaal, maar hoe om so iets te verwesentlik? Wat kan enigeen doen om rassebetrekkinge te verbeter? Beteken dit om te gee aan die wat nie het nie? Om elkeen van ander rasse te groet waar moontlik? Om te smeek om vergifnis vir hierdie verskriklike "oorspronklike sonde" waaraan die swart nasionaliste alle witmense skuldig bevind het? En as ons al hierdie goed oor en oor en oor doen, het ons dan 'n nie-rassige samelewing geskep? Regtig?

Hier volg my kommentaar op Maroela Media op Flip Buys se bostaande artikel. Miskien plaas Maroela Media dit, miskien nie - want hulle hou klaarblyklik nie van kritiek op hulle een en eenigste weergawe van die waarheid, of visie vir die volk, of plan vir Pretoria se prokureurs, of wat hulle dit ookal noem nie, nie eens as dit opbouende kritiek is nie. Lees meer hieroor...



Insetsels vanaf 17 Desember tot 23 Desember 2017

Woordebook van linkse Gekhede

'n Tema wat ek oor en oor na verwys is dat die linkses ons taal met emosie belaai het en gevolglik ons intilek met politiekkorrekte? konsepte besmet het. Daarom hierdie Woordeboek van Linkse Gekhede en Terme. Hierdie insetsel oor die woord Trump is die eerste van baie.

Gekhede: Woordeboek van konsepte en die emosionele bagasie waarmee politiekkorrekte taal besmet is.

Ons taal is gekaap deur die kultuurmarxiste?. Aan kritiese terme en konsepte is 'n alternatiewe betekenis geplaas, dikwels belaai met emosie (wat nie voorheen in die taal aanwesig was nie) en daardie emosie definieer wat ons gedrag sal wees in terme van 'n positiewe of negatiewe emosie wat verband hou met daardie konsep. Ons gedrag word dus bepaal deur die emosie waarmee 'n spesifieke konsep belaai is.

Hedendaagse taal is vergiftig met 'n gif van emosionele bagasie? wat die menslike intellek van die post-moderne era besmet het. Die eerste stap in 'n strategie om jou vyand te oorwin is om jou vyand te kan herken. Hier is dus 'n woordeboek met konsepte en die emosionele bagasie daaraan. Alhoewel dit stellings tong-in-die-kies is, is dit ook so ernstig dat dit letterlik sal lei tot die vernietiging van die westerse beskawing?, en dit is nie 'n grap nie. Maar, die beste manier om hierdie gif van emosie af te water is om 'n bespotting daarvan te maak.


Trump

(Insetsel vanuit die Woordeboek van Linkse Gekhede)

  • Die woord Trump is in die gebruikstaal vanaf a persoonlike naamwoord verskuif na 'n byvoeglike naamwoord met 'n enorme negatiewe emosionele belading.
  • Die negatiewe belading van die woord Trump is so uniform negatief dat dit soos 'n pool op 'n battery is wat nooit van sy natuurlike staat kan verander nie, nie eers deur die wette van die gode, die wetenskap, die heelal of die mensdom self nie.
  • Alhoewel Obama deur die regse gemeenskap in die VSA aanhoudend gekasty is, het die woord Obama nooit die verskuiwing beleef wat die woord Trump beleef het nie. Nie eens die woord Clinton se betekenis is so verskuif nie. Die linkses besit duidelik 'n magiese krag om woorde om te kan swaai en die betekenis wreldwyd binne in 'n oomblik te verander en met 'n vrag emosie te belaai na gelang van hul behoeftes. Ons gebruikstaal is deur die linkses beset, daarom is dit vir hulle so belangrik om die werke van dooie wit mans soos Shakespeare uit die akademiese veld te onttrek sodat die emosionele belading wat die taalgebruik van Shakespeare bevat nie verder deel sal uitmaak van die toekomstige fondasie van die samelewing nie.
  • Alles wat Trump hoegenaamd doen is negatief, en kan net negatief wees.
  • Enige persoon wat Trump in die minste goedpraat is onmiddelik ontbloot as 'n Nazi, en almal weet wat met Nazis moet gebeur.
  • Wat negatief is van Trump moet tot in 'n oneindige graad nog slegter afgemaak word deur klankversterkende effek van die getjank van die hof vaa hiȅnas op sosiale media.
  • 'n Puik voorbeeld is die skoene wat Mev Trump gedra het tydens 'n besoek aan vloedgeteisterde Texas. Omdat dit ongepaste skoene vir 'n ramp was, het dit die gevoelens (lees negatiewe emosie hierso) van die vloedslaggoffers seergemaak (dit het nie werklik in die minste enigiets aan die hulle gedoen nie) en dit daarna deur 'n mediasirkus verhef is tot die status van 'n nasionale ramp erger as die ramp van die vloede self. Gevolglik het al die ander persone wat nie vloedgeteisterde slagoffers was nie, wel eerstehands die negatiewe emosie van 'n ongevoellige Mev Trump ervaar en is hulle kollektief emosioneel verpletter deur Mev Trump se skoene. En so vermag die linkses dit dat ons nou almal die weerlose slagoffers van die ongevoelige Mev Trump mag wees.
    • Let ook daarop hoe dit altyd die weerlose slagoffers is wie se gevoelens seergemaak word. Hierdie botteltjie woordgif wat die progressiewe taaltoordokters gebruik om politiekkorrekte terme vas te sweis in die struktuur van ons intellek is besonder kragtig.
  • Gevolglik is die woord Trump dus ook 'n werkwoord want dit veroorsaak spontaan 'n stortvloed negatiewe emose en/of woede by mense.
  • Deurdat die term Trump so onhoudbaar negatief geword het dat die wreldbevolking letterlik daaronder ly, word daar die hoop van verlossing en uitkoms aangebied deur die beoogde ontheffing van Trump as president van die VSA. En dit is die linkses se doel, stook die vure van negatiewe emosie aan totdat daar 'n spontane ontploffing sal kom waarna die linkse agenda in werking kan tree. Hou in gedagte dat die werklikheid op grondvlak heeltemal anders is, Trump het steeds beduidende steun en goedkeuring, maar die linkse agenda is altyd om feite uit te skakel en onbenullig te maak deur die gebruik van emosie.

Feministe het vir hul suster gefaal, wat self ook maar net President wou wees

Gedurende die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing het feministe vanoor die wreld die "I'm With Her" banier vertoon en verklaar dat hul kandidaat Hillary Clinton? dieselfde geslagsorgaan as hulle het en gevolglik steun hulle heelhartig vir Clinton. Vreemd genoeg, in die protesoptogte teen Trump het 'n swetterjoel histeriese feministe sulke pienk hoedjies in die vorm van daardie orgaan gedra, maar nou dwaal ek van die onderwerp af...

Maar feministe het hul suster wat ook maar net President wou wees in die afgelope ANC partykongres van 2017 darem gruwelik afgeskeep. Waar was hulle baniere van "I'm With Her" in 2017 toe hul suster hul steun die nodigste gehad het? Waar is hulle pienk hoedjies van die vroulike orgaan dan in hul opmars van woede teen die sakeman Ramaphosa wat hul suster so brutaal verslaan en verneder het? Verstaan die plaaslike feministe dan nie dat hulle almal deur hul gemeenskaplike orgaan verbind word in hul verbete stryd teen die onderdrukking van die patriargie nie? Waar was hulle dan toe hul steun die nodigste was? En is dit nie merkwaardig nie, dat ten spyte van hul militante agenda, was hul vooroordeel toe soveel groter as onvoorwaardelike ideologiese steun aan die susterskap?


Niehaus se fout was om vir Nkosazana Dlamini Zuma te steun...

Die enigste ding waaroor ek regtig verheug is by die ANC se afgelope partykongres by Nasrec, is dat Carl Niehaus? homself so nou verbind het met Nkosazana Dlamini Zuma? se kandidaatskap, dat hy saam met haar val self weereens sy eie agterstewe in elke kleur van die reȅnboog binne die ANC gesien het. (Voeg 'n demoniese Zuma he-he-he-he laggie hier in.)

Carl Niehaus se steunbasis is die dogmatiese Staliniste wat in veral die vroueliga en die oorlogsveterane aangetref word. Selfs die kamerade in die SAKP (met 'n voorliefde vir net die heel beste luukshede wat 'n lewe van oorvloed kan bied), vind Niehaus heeltemal te dogmaties marxisties na hulle huidige smaak, en het hom ook nog nie vergewe vir al die skade wat hy laaskeer aan die ANC gedoen het nie. In die ANC jeugliga bederf Niehaus al die groepsfotos in dat hy of oorbelig is, of dat die res van die revolusionre kaders andersins onderbelig is. Dit is ook nie verbasend dat die uitspattige "black-like-me" swart nasionaliste in die Premiersliga nog nooit vir die Niehaus huisgesin op hul kerskaartjielys geplaas het nie. Zuma self nooi nie vir Niehaus vir stampmielies by sy kampvuur nie en dit kom van die dae af wat Zuma hoof van die ANC se teenintelligensie was en die verskil kon herken tussen 'n bruikbare idioot en verkwisbare kanonvoer waaraan die ANC nog nooit enige tekorte gehad het. Rotsvaste vertroue is nie die regte term waarmee die verhouding tussen Jacob en Carl beskryf kan word nie. Daarby deel Niehaus ook nie regtig Ramaphosa se passie vir hengel met forelvlie of peperduur stoetbuffels wat wei op luukse wildsplase nie.

En dan is die kaders self nie van die vooroordeel vanwee stamverband gevrywaar nie. Dit is een ding om 'n aanvallige wit blonde vrou te h as trofee aan jou sy wat vir almal in die swart gemeenskap wys hoe groot jou status en jou sukses is. Maar dit is heeltemal 'n ander ding as 'n witman 'n swart vrou neem, daar is 'n boel negatiewe konnotasies aan verbonde, en nog te meer in die swart gemeenskap. In die oorwegende wreldbeskouing van die swart gemeenskap neem 'n swartman nie 'n wit vrou omdat hy wil wit wees nie, maar as 'n swart vrou 'n wit man neem, word dit as net die teenoorgestelde toestand beskou en nie almal het vrede daarmee nie.

Alhoewel Niehaus sekerlik vanaf sy vroeȅ dae op universiteit al lid van die ANC en die SA Kommuniste party was, het hy eers 'n paar jaar later deel van MK se operasies geword. Hy en 'n ander wit student het gepoog om die Johannesburgse gasfabriek in Cottesloe op te blaas. Hulle het sover gekom as om 'n gat in die heining te maak en daardeur te klim toe hulle gearresteer was. In die hof was Niehaus se verbasing groot toe hy uitvind dat sy makker toe altyd 'n spioen vir die polisie was.

Maar wat net enkele mense weet, is hoekom die veiligheidspolisie spesifiek vir Niehaus geteiken het. En dit het te make met 'n ander gegradueerde van die RAU, (wat oornag landuit gevlug het Nederland toe), wat sy staatsdiensbeurs by die poskantoor in Johannesburg afgewerk het. Dit was in die dae voor Telkom bestaan het, toe jy nog jou telefoon by die poskantoor bestel het, en dit ses maande of selfs 'n jaar geneem het voordat jou telefoon geȉnstalleer is. Dit was algemeen dat die veiligheidspolisie prioriteitsaansoeke by die poskantoor ingedien het vir telefone vir hul informante. Die RAU student het toevallig op so 'n aansoek afgekom en die inligting aan Carl Niehaus deurgegee, wat dit op sy beurt aan die ANC oorhandig het. Die gevolg was dat 'n jong swart vrou in Soweto brutaal met die halsnoermetode om die lewe gebring is. Carl Niehaus was daarna 'n gemerkte man onder die lede van die veiligheidsmagte en dit was net 'n kwessie van tyd vir Niehaus. Hy is daarna spesifiek in 'n skynoperasie geoormerk waaraan hy toe met ywer deelgeneem het.

En dit was toe die begin en die skielike einde van Niehaus se roemryke militȇre loopbaan as een van die braafste van die brawe vegters onder die legendariese MK kaders. Hy het 'n gat in die draad van die gasfabriek geknip, met 'n sak met kleefmyne in deur die gat geklim en binne 'n oogwink het die soekligte op hom geskyn en is hy vir die beste deel van 'n dekade in die tjoekie weggebre. Vir die ANC leierskap het aanhouding 'n paar groot voordele ingehou: In die beskerming van aanhouding kon hulle hulself nie verder verongeluk nie en het in teenstelling met die ander kamerade die "struggle" springlewend en gesond oorleef, die kenmerkende vetrolletjies was 'n newe effek van 'n lewe van oorvloed na bevryding; hulle het ook heeldag tyd gehad om met hul mede revolusionre kaders te gesels en so 'n hegte band van broederskap te smee wat vandag steeds 'n dominante faktor in die ANC is; daarby het hulle ook die tyd en middele, en ondersteuning gehad om deur Unisa hul grade te bekom. Eintlik het Apartheid vir hulle een moerse groot guns bewys, mits jy so daaroor dink. Ironies dat die Apartheidsregering effektief self in die tronkselle 'n bekwame leierskapskorps opgelei het om te dien in 'n opvolgregering, iets wat ongekend was in die res van Afrika. 'n Feit, maar dit is sekerlik net my eie minderheidsopinie, geen ANC lid gaan dit so insien nie.

Gelukkig vir Niehaus, het hy in die strik wat vir hom gestel is geval en het hy nie die meer ernstige tipe teȅspoed tegekom nie, want diegene wat vir hom persoonlik die duiwel in was, was onder die mees gedugte groepe in die veiligheidsmagte. Die inligtingsoperasie wat deur Niehaus in die wiele gery is was onskynlik baie hoog geag en het sekerlik 'n beduidende leemte gelaat. En die dood van 'n mede polisiebeampte is nie iets wat mede magslede net sou wegbre nie. Ek dink die geluksgode was aan Niehaus se kant, al besef hy dit nie self nie. En voor ek self in Carl se ou sel in Pretoria Sentraal wil gaan sit, beter ek nou my bek hou want elke ding het 'n tyd en 'n plek en hierdie uurglas het verskeie paragrawe gelede uitgeloop.


Soros se leerskare van feitelike nasieners.

Ernst Roets? skryf in Politics Web dat Africa Check? nie vertrou kan word nie. In die Disqus? kommentaar op die artikel meld Riaan Malan? van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge? van sy probleme met Afri Check en selfs ek noem van n stel data wat ek gebruik het om te projekteer op n tweede verwante stel data en my gevolglike probleme met Afri Check wat my geprojekteerde data uitmekaar getrek het.

Hierdie skryfsel is gebasseer op n kommentaar wat ek op Politics Web gemaak het en wat nie deur die redaksie by Politics Web goedgekeur is vir plasing nie.

George Soros? verskaf ruim befondsing aan instellings wat feite nagaan in Noord Amerika, Europa, die Midde Ooste, Suid-Afrika en selfs die Oekraȉne vir drie belangrike redes.

Eerstens kan daar fout gevind word met feite wat nie breedweg die doelwitte van die progressiewe beweging ondersteun nie. Dit is moontlik om elke feit in die wȇreld tot n mate te diskrediteer mits jy genoeg tyd (n leȅrskare linkse gegradueerdes wat optree as aktiviste vir sosiale geregtigheid), genoeg fondse (ruim verskaf deur Soros) en n spreekbuis wat die boodskap oneindigmaal sal versterk (die hof van hiȅnas wat veg vir sosiale geregtigheid op Twitter.) Mens sou dink 1+1=2 is n feit, maar dit is bloot net n feit omdat ons dit nog nooit bevraagteken het nie en dit net lukraak as feit aanvaar is. Die voorbeeld illustreer hoe elke moontlike feit bevraagteken kan word deur organisasies wat optree as selfaangestelde nasieners van feite. Dit verklaar ook hoekom feitenasieners dikwels die amptelike statistieke van regerings diskrediteer, omdat die betrokke stel feite die doelwitte van die progressiewe beweging sal benadeel.

Tweedens word die reputasie, karakter, metodologie, leerstellings en akademiese agtergrond van die persone wat gediskrediteerde feite verskaf heeltemaal uitmekaar getrek en sulke persone of organisasies word totaal verdag gemaak of akademies gediskrediteer. Dit het met Ernst Roets gebeur (lees die artikel waarna aan die begin verwys word) met Riaan Malan en met baie ander, myself ingesluit. Wees verseker as die feitenasieners nie met jou stel feite saamstem nie, die aanval persoonlik sal word en dat jy sodanig deur die hiȅnas van Twitter verskeur sal word dat jou reputasie permanent aan flarde sal wees.

Derdens het dit die effek dat n gerespekteerde akademikus, n openbare figuur soos n politikus, gemeenskapsleier, geestelike leier, of selfs n sakeman dalk oor n stel geldige feite mag beskik wat verskil van die heersende siening, en dat hul feitestel heeltemaal grondig en korrek is. Maar daardie persoon sien eerstehands wat met ander gebeur en gaan nie die risiko neem dat hul eie reputasie vernietig word nie. Dus hou hulle liewers sulke feite vir hulself.

In terme van George Orwell? se boek, 1984?, kan ek dit dus as volg omskryf: Ek is lief vir Grootbroer, maar as ek vir grondige redes verskil en so n feitelike stelling sal maak, sal my reputasie tot niet wees en sal ek uiters negatiewe gevolge in my eie lewe aanvaar. Gevolglik steun almal die stel feite wat geen sanksie behels nie en herhaal die woorde Ek is lief vir Grootbroer want dit is enigste feit wat Grootbroer se nasieners van feite sal toelaat. Boonop is elke persoon rondom jou self ook n feitelike nasiener van die enigste toelaatbare feit, Ek is lief vir Grootbroer.

In die boonste argumente het ek verskeie logiese foute begaan soos om n strooiman op te stel. Maar toets my boonste drie veronderstellings deur die volgende lysie progressiewe feitelike stellings, wat meeste lede van ons samelewing terloops geredelik aanvaar, deur dit met die stel feite vanuit jou persoonlike wȇreldsbeskouing te vergelyk.

  • JAG: Alle jag en trofeejag is skadelik en moet wȇreldwyd verbied word want jagters roei skaars diere uit vir hul eie bloedsport. Stellings soos dat wildsplase goed is vir ekologiese diversiteit en dat dit die bewaring van baie meer spesies behels as net die paar groot spesies wat gejag word, moet ten alle koste uitmekaar getrek word en val die persoon wat so n stelling durf maak persoonlik aan as n bloedorstige moordenaar van arme diertjies vir sy eie barbaarse sport, al het die persoon wat so n feitelike stelling maak nog nooit n enkele bok geskiet nie.
  • IMMIGRASIE: Immigrasie vanuit onontwikkelde lande hou net goed in vir die VSA, Kanada en Europa sonder hoegenaamd enige negatiewe gevolge.
  • ISLAMIETIESE IMMIGRANTE: Daar sal geen nagevolge wees van toenemende immigrasie na Europa vanuit Islamietese lande nie.
  • MULTIKULTURALISME: Multikulturalisme is net goed vir die sameleweing en al die groepe van die samelewing sal in multikulturele harmonie verkeer sodra die rassisme en inhirente witbevoorregting van die betrokke land se wit bevolking oorkom kan word.
  • TRANSGENDER: Ons samelewing moet aktief deur wetgewing en regeringsbeleid sodanig getransformeer word dat sogenaamde transgender persone nie uitgesluit of verontreg sal wees deurdat hul gevoelens seergemaak word nie, al is hulle voorkoms slegs een uit n duisend persone in die samelewing; en daardie stelling van een uit n duisend is opsigself haatspraak wat gediskrediteer moet word.
  • SEKSUELE LOSBANDIGHEID: Daar is absoluut geen nadelige gevolge wat veroorsaak word deur die golf van seksuele losbandigheid wat vanaf die 1960s oor die Westerse samelewing heers. Diskrediteer enigeen wat melding maak van die miljoene aborsies, die oorwegende insidensie van enkelouer huisgesinne, die epidemie van kindermolestering deur die ma se vriend wat nie die biologiese vader is nie, die epidemie van seksueel oordraagbare siektes waarvan die voorkoms al in die laat 1950s onbenullig was en moet ten alle koste nie feite toelaat oor enige aspek van Vigs wat nie die vigsleiers as slagoffers uitbeeld nie.
  • KINDERSEKSUALITEIT: Kinders moet op n baie jong ouderdom, liefs nog voorskools, bewus gemaak word van hul eie geslag en seksualiteit en moet dan die keuse mag hȇ om so vroeg moontlik self n oordeel te kan maak oor watter geslag hulle wil kies om as grootgemaak word.
  • LBGTQ+: Sogenaamde LBGTQ+ regte moet voorrang in ons samelewing geniet en daar mag glad nie bevraagteken word of die stelling gemaak kan word dat die meerderheid lede van sulke groepe self eerder nie uitgesonder wil word nie, maar net met hul lewens in private anonimiteit wil voortgaan sonder die openbare bekendmaking van hul seksuele status en 'n regeringsbeleid wat hulle spesifiek moet bevoordeel.
  • KOLONIALISME: Alle aspekte van kolonialisme is negatief en daar mag geen stelling geduld word dat daar hoegenaamd n positiewe aspek aan kolonialisme geheg mag word nie.
  • FEMINISME: Feminisme en die gelyke regte vir vroue moet in alle opsigte en ten alle tye voorrang geniet en enige bevraagtekening van die geringste aspek daarvan, moet afgemaak word as gruwelike misogenisme.
  • VROUESALRISSE: Geen feitelike stellings soos dat die meerderheid gegradueerdes nou vroue is, of dat in dieselfde ouderdoms- en sosiale groepe, vrouens nou inderdaad meer verdien as mans, mag hoegenaamd gemaak word en sulke soort stellings mag nie geduld word nie.
  • WITBEVOORREGTING: Alle witmense is skuldig aan witbevoorregting en daarom is hulle materiȅle regstelling verskuldig aan persone wat swart is.
  • GESLAGSGELYKHEID: Alle instellings in die samelewing moet oop wees vir alle geslagte en rasse, waar alle geslagte en rasse gelykmatig verteenwoordig word sonder dat enige oormatige verteenwoordiging van die wit manlike geslagsgroepering in enige wyse mag voorkom. Roei ten alle koste enige feite uit wat daarop dui dat enige groepering anders as wit mans nou dominant geword het.
  • MISOGINISME: Persone wat stellings maak soos dat feminste net veg vir regte in hoogsbetalende witboordjie loopbane en nie vir gelykmatige geslagsverteenwoordiging onder loodgieters nie, maak hulself skuldig aan n misoginistiese lewensbeskouing en hul feite moet aangeval en hul persoon sover moontlik gediskrediteer word.
  • DOOIE OU WIT MANS: Alle foute in ons postmoderne samelewing is as gevolg van die foute van dooie wit mans van die verlede. Dus is dooie wit mans en lewende ou wit mans (George Soros en ander progressiewes uitgesluit). Hulle denke sit die patriargie en vooroordele van die verlede voort, dus moet hul werke, standbeelde, skilderye en nagedagtenis uitgewis word sodat dit nie die progressiewe samelewing verder sal besoedel nie. En dit geld veral vir daardie doodste van dooie ou wit mans, Shakespeare, wie se werke reeds grootliks in die akademia verwyder is.
  • ONGELYKHEID: Ongelykhede in die samelewing is n onding wat nie geduld mag word nie, en persoonlike sukses en rykdom mag hoegenaamd nie toegeskryf word aan vernuf en harde werk nie, want die enigste feit wat geduld mag word is dat ryk mense net hulle rykdom deur bedrog, diefstal en die onderdrukking en uitbuiting van weerlose armes bekom het.
  • SLAWERNY: Alle witmense is huidiglik bevoordeel deur die slawerny wat eeue gelede deur hul voorvaders beoefen is. Beveg enige historiese feite dat werklike eienaars n klein persentasie van die bevolking verteenwoordig het en dat meeste witmense se voorouers nie n enkele slaaf besit het nie.
  • JODE: Die geringste kritiek op Jode is gelykstaande aan Nazisme in die ergste graad wat veroordeel en beveg moet word. Maar as Jode voorkom in Israel, moet hulle beveg word as deel van n Apartheidstaat en moet verkieslik uitgeroei word sodat die Palestyne hul grond mag terugkry. Dus is Zionisme ook dan nou ideologies gelykstaande aan Nazisme.
  • SOSIALE KONSTRUKSIES: Biologie speel absoluut geen rol in die verdeling en gedrag van geslagte, in verskille tussen rasse, of in enige aspek van die gedrag van mense nie, want alle aspekte van die mensdom is bloot die produk van sosiale konstruksies.
  • NAZIS: Alle aspekte van Naziȉsme is negatief en moet uitgeroei word. Nazis kom orals in ons samelewing voor en hulle word geȉdentifiseer deurdat hulle feminisme teenstaan, die patriargie verdedig, die drome van arm immigrante na ryk lande wil verpletter, sosiopatiese afwykings het om nasionalisme en identiteitspolitiek te wil bevorder. Nazis sal ook hul kinders wil grootmaak met dissipline in n huisgesin waar die dominansie van die patriargie oorheersend is en boonop ook gemotiveer word deur Christelike oorwegings.
  • RASSISTE: Alle rassiste is Nazis.
  • APARTHEID: Apartheid is verklaar as n misdaad teen die mensdom, dus is dit n groter sonde as Naziȉsme en geen simbool of n sweempie van n positiewe aspek van Apartheid mag ooit geduld word nie. Inteendeel die staat en samelewing het 'n morele plig om die misdaad teen die mensdom van individue wat hulself skuldig maak aan die vertoon van apartheidssimbole of goedpraat van enige aspek van Apartheid aggressief te vervolg.
  • ALLES GAAN OOR EMOSIES: Emosies word geag bokant feitelike waarnemings, waar die emosionele stand van benadeelde en minderheidsgroepe benadeel word, kanseleer sodanige skending van regte enige feitelike waarneming uit as ongeldig. Ontbloot die Nazis wat sulke feitelike waarnemings maak, vernietig hul reputasie en diskrediteer hulle aansien in die gemeenskap.
  • TRUMP: Alles wat Trump hoegenaamd doen is sleg. Vergelyk die term Trump in die Woordeboek van Linkse Gekhede

Ek kan onbepaald items by hierdie lysie voeg. Maar ek hoop die voorbeelde maak dit duidelik hoedat n sekere stel feite wat teen die doelstellings van die progressiewe beweging mag wees, beveg word ten alle koste. En die feitelike nasieners is elke liewe sent werd wat George Soros op hulle bestee, want die progressiewe lewensuitkyk het nou so oorwegend dominant geword dat meeste lede van die samelewing nou as hul eie feitelike nasieners optree en nou self progressief-negatiewe feitelike stellings suiwer ongeag van die meriete van daardie feite. En hoekom sal hulle nie, want ons is dan almal lief vir Grootbroer?


L daar n noodtoestand voor in ons nabye toekoms?

Pikkie Greeff? het n breedvoerige artikel in die Daily Maverick geskryf oor die implikasie daarvan dat daar bloot n gebeurlikheidsplan vir n noodtoestand bestaan.

Die Noodtoestandwet Nr 64 van 1997 stel die President in staat om n noodtoestand af te kondig oor n spesifieke deel van die land en onder bepaalde omstandighede. Die wet is al dekades op die boeke en omdat daar geen rede vir n noodtoestand was, of is nie, lȇ die wet rustig en stof vergader.

Maar nou word n gebeurlikheidsplan vir regulasies wat benodig sal word vir die implementering van n noodtoestand opgestel, in die vorm van n bloudruk met die doel om onmiddelik te gebruik wanneer benodig. n Interdepartementele taakspan het in streng geheimhouding die bloudruk opgestel vir n noodtoestand wat hoegenaamd nie bestaan nie, en waarvan die president die enigste een is met die magtiging om sulke regulasies te laat opstel. Maar, die president sȇ dit was nie hy nie. Die bestaan van hierdie bloudruk het slegs aan die lappe gekom deur n lekkasie aan die media.

Die bloudruk bepaal dat n beherende beampte deur die president aangestel mag word, wat effektief die totale beheer het oor die gebied wat deur die noodtoestand gedek word. Die president mag ook besluit oor die vergoeding van so n persoon. Gegewe die rekord van Zuma gedurende sy ampstermyn, het ons verseker rede tot slapelose nagte.

Watter omstandighede sal n noodtoestand vereis? Dit sal verseker nie n aanval vanaf die buiteland wees nie, en die kanse op n natuurramp in die nabye toekoms is uiters skraal. Suid Afrika is n demokrasie waar dit nie vir die bevolking nodig is om tot opstand te kom nie, selfs die militante EFF neem effektief deel aan die demokratiese prosesse.

Maar wat as Zuma besluit dat n noodtoestand n maklike opsie is om sy eie bas onbepaald uit die tronk uit te hou? Wat as Zuma en sy lojale luitenante wat effektief tans n rampokkerstaat bedryf sonder enige sanksie, doelbewus dinge so bewerk dat studenteonluste grootskaals uitbreek en dit dan gebruik as rede om n noodtoestand af te kondig, en die noodtoestand dan onbepaald te laat voortduur?

Dis Afrika, dit moet so wees, ja.


Coligny (vanuit Eric Rosenthal se ensiklopedie, 1964)

Coligny. Dorpie in die Westransvaal. Gestig in 1918 en vernoem na Gaspard de Coligny, beroemde Hugenote leier in Frankryk gedurende die 16de eeu. Belangrike mielie produserende gebied. Diamantdelwerye kom met tussenposes in die gebied voor. Bevolking 3,287 insluitende 1,269 witmense. 1964 Ensiklopedie van Suid-Afrika


Zuma en die slang...

Zuma het onlangs by sy vroue in Nkandla gaan kuier waar 'n dodelike swartmamba, van oor die drie meter lank, vir Zuma in die nek gepik het.

Na drie dae van absolute pyn en leiding, is die slang toe dood.


"Bevoorregte wittes wat maak of hulle slagoffers is", aldus Max du Preez

In 'n News24? rubriek wy Max du Preez? eers uit oor sy Afrikaner? herkoms, kompleet met Voortrekkers? en konsentrasiekampe?. Maar dan maak hy onder andere, die volgende stellings oor die Swart Maandag? protes teen plaasmoorde:

  • Ek kan my kerninstinkte oorkom met feitgebasseerde rede
  • My vrese was bewaarheid met swart Maandag met die gekkerandfigure en hul apartheidsvlae en apartheidsvolkslied
  • Dit was meer oor identiteitspolitiek en wit brooshede as oor die veiligheid van plaasbewoners.
  • Die boodskap onvang (vanaf die organiseerders van Swart Maandag) was van:
    • bevoorregde wittes wat slagoffer wou speel
    • mense wat hule eie lewens as van meerwaardige waarde beskou
    • van arrogansie
    • van ongevoeligheid
    • van selfobsessie

Dan maak Max die stelling, "Feite is werklik belangrik hier. Elke stukkie getuienis van alle kante s dat daar geen bewyse is van 'n boere volksmoord nie, Feitelik is dit slegs misdaad en daar is slegs 'n handjievol gevalle oor die jare waar 'n vorm van 'n politieke motief vermoed word."

Skrikwekkende resultaat van bing.com/images soekterm vir 'South Africa farm attacks'

Nee Max, van jou het ek niks mider as dit verwag nie, eintlik het die Afrikaner, vir wie jy so verag, dalk selfs nog ligtelik hiervan afgekom. Enigeen wat die moed het kan na Microsoft se soekenjin gaan ( http://bing.com ) en onder hul beelde (images) soek vir die volgende soekfrase: "South Africa farm attacks". As dit is hoe die gevolge van blote gewone misdaad lyk, dan moet iemand tog vir my wys waar kan gesoek word na 'n reuse hoeveelheid grafiese beelde soos die wat elders ook maar bloot net die gevolge van gewone misdaad is. Nee, dit bestaan nie, uitgesonder plaasaanvalle want wat ons hier sien is niks anders as 'n volksmoord? in wording nie. Dit lyk soos 'n volksmoord, dit word toegepas soos 'n volksmoord, dit word deur swart politici (insluitend die staatspresident met sy liedjies) van politieke verho af uitgebasuin, dus is dit werklik 'n volksmoord.

Wat die apartheidsvlae en liedere betref, dit was volgens die beste van my wete, nie teenwoordig by die Swart Maandag protes nie. Waar dit wel verskyn het, was in die fopnuus twiets van Max se mediakollegas (soos ENCA? se Nicholas Bauer?) wat ou beelde wat verskeie jare of selfs dekades oud is, gebruik het as fopnuus om die Swart Maandag protes, wel, swart te smeer.

Nee Max, dit is nie my skuld dat jy die vervaardigers van fopnuus? in die media se liegfabriek volg en glo en self ywerig daaraan meedoen nie. Dit is nie my skuld dat jy die Afrikaner? haat nie. Dit is ook nie my skuld dat jy aansien by die swart gemeenskap en intelektuele verloor en nou vir jou probeer verontskuldig van die beskuldiging van rassisme deur diegene wat protesteer teen die uitmoor van plaasboere as agterlik en rassisties te kasty. Max, dit gaan nie help nie, daar is 'n nuwe gees in jou geliefde bevrydingsbeweging, die ANC, en daardie gees is "No whites at all". Nie eers Carl Niehaus? en veral nie Derek Hanekom? nie, is werklik in die minste welkom in die ANC se binnekringe nie.

Max het presies opgetree soos ons sou verwag dat Max sou optree. Miskien is dit nie ons wat die onsekerhede en 'n minderwaardigheidskompleks het nie, maar inderdaad Max wat homself nou tussen twee vure vind waar sy swart bevrydingsgeesgenote hom nou verag as 'n "verbitterde ou wit Afrikanerman" en hy self die wit Afrikaner selfs nog meer verag. Want eintlik haat Max maar net vir homself en vir wie hy is.




Insetsels vanaf 10 tot 16 Desember 2017

OK ouens hier's julle kans nou...

"OK, ouens, hier's julle kans nou. Die ou ballie is 'n naai net soos ons"

- Lloyd Hill, Durbanse rampokker, bendeleier en persoonlike gesinsvriend van president Jacob Zuma tydens 'n besoek van Kaapse bendeleiers aan die president se ampswoning in die Kaap gedurende Mei 2011. Die vergadering is deur Duduzane Zuma gefasiliteer wat persoonlik verseker het dat die veiligheidswagte nie rekord hou van die bendeleiers wat die perseel binnekom nie. Tydens die vergadering is 'n belofte deur Kaapse bendeleier Quintus "Mr Big" Marinus gemaak vir steun aan die ANC tydens die komende verkiesing: "Ons het ons troepe binne elke gemeenskap. Ons sal hulle mobiliseer en ons sal die stemme swaai."

Marinus het na bewering die volgende aan Zuma ges, "Meneer, ons het groot probleme met SARS." waarna Zuma na bewering geantwoord het, "Ons sal daarna kyk."


Media24 skryfster voel "ordentelikheid" is skadelik vir Afrikaanse meisies.


Naspers, Multichoice, die Guptas en "unencrypted set-top boxes"


Steinhoff en die wedloop om geld te skep voor SA inmekaarstort.


Jerusalem, hoofstad van Israel en die Al Aksa Moskee


Na 'n halwe eeu is Dingaansdag weereens op 16 Desember


Allerlei onderwerpe..


Insetsels vanaf 3 tot 9 Desember 2017

Grusame moord in Pretoria

Maroelamedia berig van nog 'n grusame moord in Pretoria.

Diana Rose Ayres is op die grusaamste wyse moontlik vermoor. Haar liggaam is op die snelweg by die Lynettestraat brug gevind. Haar gesig is weg, haar liggaam is vol messteke en haar bene is by die enkels afgekap. Haar liggaam is op die snelweg uit 'n motorkar gegooi waar een of meer motorkarre oor haar liggaam gery het. Sy was laas gesien toe 'n vriendin haar by haar meenthuis afgelaai het. Sy was verskeie dae as vermis aangemeld voordat die polisie die vermiste vrou met die liggaam in die staatslykshuis verbind het. Haar Ma moes die lyk gaan identifiseer, en het later op Facebook ges, sy hoop diegene wat dit gedoen het brand in die hel.

Hier is afgryse, op afgryse op afgryse. Wie wil in so 'n samelewing leef? Net 'n week voor dit is 'n man in sy vyftigs as vermis aangemeld nadat hy op sy fiets gaan ry het. Sy liggaam is gevind in 'n stuk oop veld in Lyttelton, hy is geskiet deur die rowers van sy bergfiets. Ek vra weer, wie wil in so 'n land leef?


Wanneer jy nie meer 'n toekoms in SA kan sien nie

Aanvalle op en moord van witmense het 'n epidemie geword. Ons land stuur op 'n ramp af, en die skrikwekkendste is dat die bloed dalk skaars nog begin vloei het. Eens het ek neergekyk op mense wat die land verlaat, maar nou moedig ek hulle aan om die kans vir 'n beter toekoms aan te gryp instede van die afgryslike toekoms wat op hulle in Suid-Afrika wag.


Aanval op kleinhoewe

12:19 Intussen is daar nog 'n aanval op 'n kleinhoewe Noord van Pretoria waar 'n Pa en sy dogter die honde hoor blaf het, na buite gegaan waar die Pa met 'n ysterpyp geslaan is en die dogter ook aangerand is deur "drie verdagtes". Nog 'n voorbeeld van aspirant moordenaars wat nou "verdagtes met regte" geword het.


As booswigte verander in verdagtes met regte

In die ou dae is die ras van aanvallers vermeld soos byvoorbeeld, "drie swart mans". Maar dit diskrimineer teen swart mans en as jy dus in die media lees of hoor van "drie verdagtes", wees verseker daar word "drie swart mans" bedoel. Politieke korrektheid sal nog ons eie ondergang wees, hier word op 'n subtiele wyse 'n deel van die blaam op die leser geplaas, swart mans wat geweldadig aanval, beseer, moor en verkrag het nou blote "verdagtes" geword, want die verdagtes het regte wat hor gereken word as die regte van hul slagoffers. En as die woorde "swart mans" gebruik word, dan beteken dit dat daar onregverdig afbreuk gemaak word aan die regte van hierdie "verdagtes" en die "verdagtes" is dan nou die slagoffers van kru rassisme. Dus is die leser van die mediaberig die party wat die grootste onreg pleeg en die kwaaddoener is nou die slagoffer wat almal se simpatie verdien. Watse belaglikheid is dit? As ek skryf van 'n swart rower, 'n wit moordenaar, 'n Indir bedrir, 'n bruin skaapsteler dan word 'n feitelike beskrywing weergegee. Maar nee, ons is in 'n toestand waar ons vir onsself daagliks kruisig met politieke korrektheid want ons taal het 'n gif van emosies geword wat ons intellek infekteer en verlam; polities korrekte taal is 'n werkswyse om die samelewing op die spoor van 'n linkse progressiewe toekoms te plaas. Ek weier om hieraan mee te doen.


Omkeer van Grondgrype in ZImbabwe?

Ten minste is daar nou een Zimbabwiese boer wat (dalk) sy plaas gaan terugkry, volgens die berig in Maroelamedia. Ek s "dalk", want ek wil nog sien dat dit wel gebeur. In die verlede is een plaas met die linkerhand teruggegee en nog vier ander plase met die ander hand weggevat - dis Afrika!


SA leerders se heel swakste leesvermo

Maroelamedia berig dat SA leerders se leesvermo die swakste gereken word uit 50 lande

Hierdie verbaas my nie regtig nie. My eerste reaksie sou wees om te vra wat is die rasse samestelling van daardie resultate, maar ons weet almal al wat daardie antwoord is. Nie dat dit hoegenaamd saak maak nie, want die wit kinders hier in my armlastigsukkelende Vrystaatse dorpie lees net so min as enige ander kinders. Hier is 'n ander aspek, en dit is moedertaalonderrig. Na my mening illustreer hierdie syfers presies die waansin van om grondliggende onderrig in 'n ander taal as jou huistaal toe te pas. Hoe verwag die ideologiese gekke wat ons land se onderwysinstellings bedryf dat skoolkinders wat slegs in hul vierde jaar op die skoolbanke sit, Engels met insig moet kan lees? Ek was al matriek en my eerste indruk van Shakespeare se Hamlet was dat dit geskryf was in 'n totaal vreeme taal wat ek nog nooit in my lewe teegekom het nie.

Wat dit wel s is om te bevestig wat ek reeds weet, hierdie land se toekoms is in sy kanon in. Hierdie is maar nog net een van die baie aspekte van 'n onrusbarende toekoms wat vir ons voorl. Mense wat nie wyd en breed lees nie, het nie insig nie, en ook nie die grondige ervaring vir wysheid nie. Kennis sonder insig is 'n uiters gevaarlike konsep, want "kenners" wat nie weet wat hulle nie weet nie, is mense van wie ek liewers baie ver af wil wegbly. Daardie "kenners sonder insig" is juis die apparatchik van die sosialistiese en totalitere regimes wat die uitwissing van honderde miljoene mense veroorsaak het.


'n Skinderstorie vanuit 'n klein dorpie

Vir hierdie storie het ek absoluut geen bevestiging nie, maar dit is deur baie ingeligte en betroubare persone aan my vertel. Mev S betaal al vir dekades die salarisse van die munisipale amptenare in Kroonstad. Maar enkele maande gelede is sy oorlede, en het 'n ander persoon oorgeneem. (Wat die ras van daardie persoon mag wees, is bloot bespiegeling, maar na die lees hiervan kan jy gerus jou eie gevolgtrekkinge maak.) Die munisipale salarisse is betyds betaal en alles het goed en wel verloop, behalwe dat daar geen aftrekkings teenoor die salarisse gemaak is nie. Nou sal dubbelaftrekkings gedurende Desember van die munisipale werkers se salarisse gemaak moet word, met die gevolglike ellende wat dit juis oor die feestyd sal meebring. Maar hier kom die eintlike storie - die pensioenfonds se betaling moes inderhaas uit die munisipaliteit se beskikbare fondse gemaak word, en nou is die dorp se geldkoffers dolleeg en die normale munisipale operasies kan nie voortgaan nie.

Die een uitsondering is ons burgemeester wat daagliks in haar eie mini-blouligkonfooi met haar peperduur Mercedes (wat selfs vir PienkeMax du Preez onstel het) deur ons dorp se strate jaag, kompleet met spietkops voor en agter, met flitsende blouligte en loeiende sirenes. Seker sodat ons almal eerstens kan sien dat die eerbare (nie regtig nie!) Me Mokgosi so vinnig moontlik wil uitkom waar dienste die nodigste gelewer moet word. Viva! Viva, ANC! Viva!


Jaarlikse Donkie-D toekennings

Dit is die tyd wat almal jaarlikse toekennings maak, Man van die Jaar, nuusmaker van die jaar en so aan. In daardie gees maak ek die Donkiedrol Toekennings want vir wie moet ons bedank vir al hierdie ellendes wat ons tans meemaak? Kom ons doen die regte ding en gee aan hulle die eer en die toekenning wat hulle verdien vir al die ellendes wat hulle veroorsaak het.

My kortlys vir 2017

  • F.W. de Klerk (permanente eersteplek)
  • Jacob Zuma (Erger as F.W de Klerk, maar sonder de Klerk was daar geen Zuma nie, so de Klerk wen steeds.
  • AdderJan et al van Naspes (Media24) Hierdie mense wil Liminaliteit? op die Afrikaner forseer sodat die Afrikanervolk sy Calvinistiese, Christelik nasionaal en rassistiese verlede kan afwerp. Wat daarna moet volg, weet net hulle, seker Karl Marx se nuwe Marxistiese mens?
  • Die Afrikanerbond/Broederhond - Hardloop kop aan kop met Naspes se konkelaars, eintlik is die een die spreekbuis van die ander.
  • Afrikaners wat vir 'n spesifieke liberale party steun omdat daardie party kwansuis vir SA sal red. So reken meneer en mevrou Jan Burger dat omdat hulle eenmaal in vier jaar 'n kruisie getrek het, hulle hul plig gedoen het. Wat hulle in der ware gedoen het, is om te stem teen die Christelike geloof wat bokant die staat en samelewing geplaas moet word, gestem vir aborsie en vir LBGTQ+ regte en vir swart bevoordeling met onbillike arbeidspraktyke gemik teen witmense.

Keer terug na bo